Loading...

News



GELOFTE VAN JAN VAN RIEBEECK
GELOFTE VAN JAN VAN RIEBEECK on 12/24/2020 at 12:28pm (UTC)
 Ook hierdie Gelofte wat so maklik vergeet word plaas ons hier sodat die erns van geloftes aan God ons kan bybly:

6 APRIL 1654

Waar dit vandag die tweede verjaarsdag is van die dag waarop ons deur die Here gelei met die skepe Drommedaris, die Reyger en die Goede Hoop hier ter plaatse behoue aangeland het om hierdie vesting en kolonie na die bevel van ons here en meesters (Here XVII) te bou en te bestendig, en opgelet het dat God die Here alle sake tot vandag toe met vele seëninge voorspoedig en na wense laat verloop en laat slaag het, het ons besluit, en ook vir die eerste keer begin om hierdie dag, die 6e April, tot eer van God met danksegging te vier en vir altyd tot 'n vasblywende dank- en biddag in te stel, sodat daarby die weldade van die Here wat aan ons bewys is, deur ons nakomelinge nooit vergeet mag word nie, maar altyd tot eer van God in gedagtenis en herinnering gehou sal word.
 

RASBEWUSTHEID SAL ONS RED
Dis nie die storms van die lewe wat ons karakter vorm nie, maar hoe ons daarop reageer. on 12/24/2020 at 12:27pm (UTC)
 Die afgelope weke is gekenmerk aan 'n opvlammende rasbewustheid. Dit gebeur nie net hier in Suid-Afrika nie maar ook in lande soos Amerika en Brittanje. Dit het heel moontlik iets te make met die bekendmaking van Black Lives Matter en die wreedaardige plaas moorde hier, maar hoe dit ookal sy, dat dit waargeneem word is 'n goeie ding. So sal slapende volksgenote weer begin wakker word en gedwing word om te wys waar hulle staan. Ons is moeg vir volksgenote wat nie standpunt inneem nie, erger nog, die wat ons volk so verraai het dat ons vandag op die grens van oorlewing staan. Verraderlike volksgenote het met hul vuil voete oor die Boerevolk se skoon gewetens geloop en in die politiekery waarin hulle hulself toegespin het, verstrengel geraak net om daarna van die toneel verdwyn. Om die vyand gedienstig te wees, is soos om ʼn krokodil te voer met die hoop dat hy jou die heel laaste sal vreet!

Die openbare mening is destyds mislei om te glo dat rasbewustheid ʼn gruwel is. Verwoerd se vooruitskatting van hoe Suid-Afrika in ʼn rasgemengde land sou lyk, getuig van die insig en wysheid waarmee God hom geseën het. Hy het in 1954 ‘n geskrewe scenario daarvan aan die parlement voorgelê. Dit wat ons vandag beleef, is feitlik ʼn woordelikse voorspelling daarvan; ʼn tablo van misdaad, korrupsie en die onvermoë om enigsins sinvol te kan regeer.

Die volksvyand het subtiel-metodies te werk gegaan om Suid-Afrika met liberalisme te besmet. Politieke jakkalse het hul eer spotgoedkoop op die internasionale mark verkoop net om twyfelagtige eer te bekom. Hulle is met beloftes van rykdom, mag en internasionale aansien omgekoop. Dit het hulle in die dryfsand van selfvoldaanheid laat versink en hul volk skaamteloos verraai.

Hierdie mense durf nie deel van ons volk geag te word nie, dis ʼn bose meningsklimaat wat buite die dampkring van ons volk te lande gekom het. Dit sluit ʼn hele paar kerkleiers in. Wie op die kronkelpad van verraad loop, versink op een of ander tyd in die dryfsand van sy eie onverskilligheid!

Toe die winde van verandering begin waai, is onderwysers en teoloë in die nuwe evangelie van menseregte opgelei. Die volksvyand het beheer oor die media verkry en blankes aangemoedig om oor hul verlede skaam te voel en ʼn skuldige gewete te kweek. Ontspoorde kerke het laasgenoemdes bygestaan.

Die gevolg was dat volksverraaiers vanuit hul posisies in die akademiese en kerkkringe rassegelykheid as ʼn tipe van evangelie begin verkondig het al werk dit nêrens ter wêreld nie. Alle pogings misluk. Dis ʼn rookskerm waaragter booswigte gereeld skuil.

Om die Westerse beskawing op die Afrika-mens af te druk, het rampsalige gevolge. Dit veroorsaak onophoudelike, onverkwiklike sosiale en politieke probleme. In sy insiggewende boek Suicide of theWest noem James Burnham liberalisme tereg die “ideologie vir die selfmoord van die Westerse beskawing”.

Nie een van die swart ontwikkelingshulpprogramme of rassevermengingmaatreëls het iets met swart menseregte of die opheffing van agtergeblewenes te doen nie. Dis alles ontwerp om blanke gesag af te takel. En so word die een flater na die ander herhaal, maar telkens ’n ander uitslag verwag!

Hierdie fiasko het nie slegs blankes nie, maar ook swartes benadeel. In die proses om dit wat ongelyk is gelyk te probeer skaaf, het swartes hul rasse-vereenselwiging verloor. Hulle probeer die Westerse kultuur na-aap en val in die proses tussen twee stoele deur. En omdat hulle nêrens tuiskom nie, haat hulle blankes meer as ooit en is die gevoel wedersyds!

Wie rasseverskeidenheid minag, minag God se handewerk. Mense wat glo dat alle mense gelyk is, word gou ontnugter. Rasseverskille gaan nie oor velkleur nie, maar oor ʼn volstrek anderse genetika en lewensingesteldheid.Yster en klei meng nooit!

Kunsmatige rasseversoening maak van werklike versoening ʼn klug. Dis altyd eenrigtingverkeer- van blank na nie-blank en nooit anders om nie. Rasse wat op verskillende golflengtes verkeer, kan nooit polities versoen nie. Mense is ongelyk. En al haat sommige mekaar daarvoor, bly dit die reine waarheid.

Geen wet kan ongelyke mense gelyk dwing nie. Die natuur wen altyd. Daarom behoort elke ras verstandig genoeg te wees om te weet dat hy nie beter as ʼn ander ras is nie, maar ook slim genoeg om te weet dat almal nie eenders is nie.

Gelykheid is ʼn slagspreuk wat uit pure afguns spruit. Minderes probeer dit altyd op meerderes afdwing en nooit andersom nie - van bo na onder. Rasse wat bo is, moet soos die wat onder is, word. Daarom word voorspoedige rasse gedurig gemelk asof hulle die oorsaak van ander rasse se agterstand is.

Rasbewustheid is nie sonde nie. Dit getuig eerder van ʼn hartstog vir die lewe. Niks gee ʼn volk soveel krag as die suiwerheid van sy bloed nie. Daarom behoort die reg tot afskeiding tot die wese van ʼn kultuur. Daarsonder verdwyn dit. Gevolglik is die erkenning van en eerbied vir veelvolkigheid die enigste oplossing op ʼn vasteland waar rasse-waardes ingrypend van mekaar verskil.

Ons kan baie lesse uit die geskiedenis van Afrika leer. Derdewêreld mense kan mekaar nie tot eerste wêreldstandaarde ophef nie. Elke paradys wat in Afrika van eienaar verwissel het, het ʼn eietydse hel geword en die nuutgevonde vryheid niks anders as chaos met nuwe beligting nie.

Apartheid is verwerp omdat dit nie aan die eise van ʼn skrikbewind voldoen het nie. Apartheid was ʼn eerlike soeke na reg en geregtigheid vir almal; parallelle ontwikkeling soos Verwoerd dit genoem het. Toe die boek van apartheid gesluit is, het dié van korrupsie oopgegaan en bewe die dwarslêers van die soustrein onder die gewig van politieke kaders se plundery van die staatskas!

Die huidige politici het al die eienskappe wat eerbare mense afstoot en niks om te bewonder nie. Nogtans sit hulle met verantwoordelikhede waarvoor hulle nie opgewasse is nie. Daarom is portefeuljeverskuiwings aan die orde van die dag.

Van al die hoë verwagtinge van die reënboognasie het niks verwerklik nie. In plaas van die verwagte vooruitgang het ʼn reënboog van booshede verrys. Eerbied en wet het nie meer aan dieselfde kant van die skeidslyn gestaan nie.

Elke staatsinstelling waaraan die ANC die hand geslaan het, is in die grond ingeploeg. Klein diewe is opgehang en grotes in hoë poste aangestel. Geen kuns is gouer aangeleer as om die staatskas te plunder nie. Dit het die pyplyn van voorspoed verstop en die land se ekonomie in rommelstatus omgekeer!

Wat ons volksverval so hartseer maak, is dat ons nie militêr verslaan en daarna onderwerp is nie. Ons is deur die enorme masjien van politieke en kerklike verraad verpletter. Dit gebeur as ʼn volk moeg word om vir eerbare dinge te stry.

Met hul buitensporige maatskaplike voordele vir luiaards en hoë belastings vir kundiges, het die ANC die broodmandjie van ons land eiehandig tot ’n bankrotplaas omgeskoffel. Desondanks word hierdie booswigte telkens as helde vereer. Hulle is aan vergrype skuldig waarvoor hul na reg eerder aan ʼn galg moes swaai. Desondanks word internasionaal geglo dat geregtigheid oor onreg geseëvier het.

Laat ons hartstog vir die waarheid, reg en geregtigheid vir ons so belangrik wees, dat ons nooit die stryd om ons vryheid gewonne sal gee nie. Ons liefde vir ons volk is net te belangrik om dit aan die volksvyand se agenda oor te laat. Bid God dat Hy die lug in ons ontwrigte land so suiwer sal maak, dat booswigte nie verder daarin sal kan asem haal nie!
 

WORD JY NOG DEUR 16 DESEMBER BEGEESTER?
Dr Danie Theron on 12/24/2020 at 12:25pm (UTC)
 Op 16 Desember sal die Afrikanervolk weer die Gelofte herdenk. Dit wil somtyds voorkom of baie volksgenote die dag herdenk asof hulle blomme op ‘n geliefde se graf gaan plaas. Of dalk om hulle gewete te sus. Want wat ná die 16e gebeur vertel, wat talle Afrikaners betref, ‘n verhaal van traak-my-nie-agtigheid en argeloosheid oor die erfenis en toekoms van die Afrikaner. So asof die doodsklok vir die volk van weleer gelui het en daar nou maar bloot na ‘n ekonomiese leefruimte in die veelrassige nuwe Suid-Afrika gesoek moet word.

Dit is dan wanneer ‘n mens besef dat die diepgang van die gebeure van 16 Desember by baie verbygegaan het. Dit is die diepte van die gebeurtenis wat langdurige waarde daaraan gee en nie die blote feit van ‘n militêre oorwinning oor die Zoeloes op daardie dag nie. Bloot militêr gesien is daar selfs die skeptici en kritici wat beweer dat die 469 manne beter toegerus was as die sowat 12 000 Zoeloes en derhalwe nie meer aan daardie faset veel waarde wil heg nie.

Daarom behoort die militêre van die historiese dag nooit in afsondering gesien te word nie, want dit alleen kan nie langdurige begeestering by ‘n volk opwek nie. Die gebeure wat Bloedrivier voorafgegaan het, het ewigheidswaarde vir diegene wat bereid is om dit in te sien en deel van hulle lewens- en wêreld beskouing te maak. Bloedrivier is nie ‘n dag nie, maar die kulminasie van ‘n strewe wat in God sy hoogtepunt gevind het.

Die trekkers in Natal was op die vooraand van 16 Desember op ‘n geestelike laagtepunt. Die gebeure rondom Italeni, Bloukrans en Weenen; die bloedvergieting, leiertwis, pessimisme, angs en nood, het die hele Groot Trek op ‘n mespunt laat balanseer. Kaalvoet oor die Drakensberge ja, maar was alles dan verniet, moes seker die vraag by baie van daardie mense gewees het.

En dan is die vraag watter faktore het dan die deurslag bepaal? Eerstens glo ek die onwrikbare geloof by daardie mense wat geanker was in, soos hulle dit self gestel het, die “Almagtige God”. By al hulle gebreke en al die kritiek wat mens kan lewer moet moet mens eenvoudig in stomme verbasing en verwondering staan dat hulle moed en hoop so vas geanker was in hulle geloof. Hulle het in totale afhanklikheid van God gelewe. Dit was ‘n opregte Godsgeloof en nie ‘n sakpas of bygeloof nie. Dit was die basis van hulle hele bestaan.

Tweedens, omdat hulle geloof so sterk was, kon hulle die terugslae en die storms weerstaan. ‘n Ewigheidsgeloof kan die daaglikse houe hanteer en sal, selfs in tye van diepe ellende en smart, ‘n volk dra deur baie diep driwwe en verhef tot baie groot hoogtes. Feit is hulle het gebid en was in lewende gesprek met hulleHeiland. Hulle was dalk van die wêreld verlate, maar het ‘n onlosmaaklike lewende band met God gehandhaaf. Dit het hulle gedra deur die pessimisme, die angs en verdriet; en selfs die vrees wat hulle moes ervaar het.

Dit is egter die derde faktor wat baie mense vandag miskyk. Die trekkers het ‘n leier in die persoon van Andries Pretorius gevind wat, soos ons gesien het, menslik gesproke feitlik onkraakbaar was en wat dapperheid betref, sonder gelyke. Leierskap in sulke tye speel, soos wat die ganse geskiedenis bewys, ‘n deurslaggewende rol. Leiers wat nie wik nie, wat nie terugdeins nie, wat nie by die vyand aanlê of toenadering soek nie. Pretorius het geweet daar is net een uitweg: verslaan die Zoeloes! En dit het hy in sy voorbeeld na woord en daad met onderskeiding gedoen – tot begeestering van sy manne en vir geslagte lank. Dit het die kroon op die gebeure geplaas.

Die wyse waarop die Voortrekkers die oorwinning beleef het, vertel van ‘n gesindheid van dankbaarheid en nederigheid, eerder as van selfsug, hoogmoed en selfverheffing. Hulle het besef wie en wat die deurslag gegee het.

Ons moet daardie tipe van ons volk vandag vergelyk met dit wat ons tot ‘n groot mate is en geword het en rondom ons waarneem. Waarin lê ons lewe verankerd? In ons daaglikse oorlewing of in ons daaglikse dankbaarheid? In ‘n materiële toekomsverwagting of in ‘n Godsverwagting van ‘n lewe anderkant hierdie lewe? Kan ons nog praat van ‘n onwrikbare geloof in die “Almagtige God”, bedoelende Hy wat oor alles regeer en ook oor ons volk se toekoms? Feit is, indien daardie geloof nie onwrikbaar is nie; maar deur stormpies en rukwinde soos Covid-19 en “menseregte” omgewaai en meegesleurword, sal Geloftedag vir ons geen begeestering inhou nie, maar vir seker slegs hoogstens ‘n gewetenswroeging wat baie maklik deur ander aktiwiteite verdring sal word. Dit is immers wat die woorde “in totale afhanklkheid van God” beteken. Die 1961-grondwet het gepraat van “In nederige afhankheid van die Almagtige God”. Wonder ons nog hoekom ons in hierdie situasie verkeer met ‘n Grondwet wat spog “Ons die mense”? As jou hoogste wet in jou land God minag, vra dan nie verdere vrae oor jou toekoms nie!

“n Bygeloof en ‘n kleingeloof het as neweprodukte hoogmoed, verwaandheid, arrogansie, selfsug, eersug – iets wat ons samelewing vandag ten ene male kenmerk. Wanneer jou afhanklikeid in jou “menseregte” gesetel is in stede van in God, dan is daar geen diepgang meer in jou bestaan nie. Dan word selfs kerkbesoek ‘n formaliteit eerder as ‘n opregte behoefte om jou afhanklikheid te bevestig en te bestendig. Hoe oppervlakkig het alles nie geword nie! Ons het trots op ‘n verlede vervang met hoogmoed en selfverheffing in nietige gebeurtenisse soos om ‘n “World Cup” te wen en mekaar dan “high fives” te gee na die tyd terwyl Bok van Blerk “De la Rey” in die agtergrond sing, net om ons nog ‘n bietjie “moed” te gee. Maar dan die vraag: Vir wat sal ons dan daardie moed aanwend?

Wat die derde faktor betref is ons soekende na ‘n Afrikanerleier vandag wat nie gemeensaak maak met die vyand nie; wat nie praat van “ons” Grondwet nie, wat in woord en daad die Afrikaner uit hierdie moeras sal lei omdat hyself bo alle verdenking staan. In ‘n Godsgeloof verankerd en wat die vryheid van sy volk in ‘n eie vaderland begeer. Dis tog waarom die Voortrekkers getrek het – om vry en soewerein te wees in ‘n land van hulle eie.

Om jouself te betuig uit hoofde van ‘n verankerdheid in God en jouself te handhaaf teenoor die vyand vereis dat jy grense sal trek tussen jou en daardie vyand. Is ons nog daartoe in staat en bereid? Of het menseregte ons so sag gemaak dat ons in ons verwardheid nie eers meer vriend van vyand kan onderskei nie? Vergeet daarvan om “tyd te koop” en te hoop dat die vyand homself sal uitbrand of die “meerderheid” sal begin insien dat “dinge” behoort te verander. Beginselvaste mense koop nie tyd nie en wag nie dat ander sal insien wat verkeerd is nie. Die uur van afrekening is soos 16 Desember nou elke dag van ons lewe en nie meer ‘n bepaalde dag in die toekoms nie.

Is daar ‘n beter bewys van die hopeloosheid van ‘n toekomsverwagting as die geprewel na elke plaasmoord dat dit nou “genoeg” was?

Ek het begin deur te sê dat 16 Desemberslegs weer waarde op die 17e én daarna sal hê as ons dit ‘n roeping maak, eerder as ‘n dag om te herdenk. As ons die basis van ons bestaan suiwer hou. As ons soos die manne van Bloedrivier op die almag van God vas-vertrouend sal lewe en bou.

Dis slegs dan wanneer ons met alle eerlikheid sal kan onderneem: “Gee ook ons die krag o Here om te handhaaf en te hou!” Mag die God van Bloedrivier, ja die God van alle eeue, ons volk tot besinning bring in hierdie ewe droewige tyd as in 1838. Terwyl daar nog tyd is.
 

Ons Webwerf Druk | E-Pos GELOFTELAND
is 'n webwerf vir Christen-Afrikanernasionaliste on 12/24/2020 at 12:24pm (UTC)
 GELOFTELAND



is 'n webwerf vir

Christen-Afrikanernasionaliste


WAAROM HIERDIE WEBWERF?

Hier sit ons die politieke stryd voort op 'n vreedsame nie-partypolitieke wyse om só kulturele mag vir ons Afrikanervolk te help bewerk sodat hy homself staatkundig, ekonomies, taalkundig, geskiedkundig, maar veral godsdienstig kan handhaaf. Dié kulturele mag sal een of ander tyd in die toekoms oorvloei in politieke mag in die hande van ons volk.

'n Kulturele oorlog word op 'n intellektuele wyse gevoer en gewen, en daarvoor is nodig wyse skrywers en lesers, geesdriftige, daadkragtige, regdenkende volkgenote. Alle kultuurgebiede van ons volk soos die ekonomie, kuns, taal, onderwys, godsdiens en geskiedenis, moet vanuit hierdie standpunt begryp word. Hier gaan dit uitdruklik om die weerlegging van bestaande links-liberale en gelykheidleerstellings gerig op die Afrikaner, en in die besonder die verdraaide lewens‒ en wêreldbeskouing van "demokrasie" en "kapitalisme".

Samehangend daarmee moet gehou word by 'n lewens‒ en wêreldbeskouing en geskepte kenmerkende waardes, wat die eie identiteit van ons as Blankes en Afrikaners beklemtoon.

Sekerlik een van die belangrikste take wat voor ons lê, is juis om die denkbeeld van tyd en stryd by ons mense op te klaar. Die vrysinnige begrip van tyd, is dat tyd 'n bepaalde begin het en lynreg verloop tot op 'n bepaalde einde. Dít veronderstel dat alle gebeure slegs een maal plaasvind, met ander woorde, dat die geskiedenis homself nooit herhaal nie. Dit sou verkeerdelik beteken dat daar bepaalde afsnypunte bestaan waarna byvoorbeeld 'n bepaalde lewenshouding onaanvaarbaar is, soos om 'n volksman en 'n Christen in die moderne tydvak te wees. Vaste beginsels is glo verouderd omdat elkeen vry is om te doen wat hy wil en niemand beperk moet wees nie. Selfs die handhawing van volkseie moet belet word. Afsnypunte bestaan glo aan die hand waarvan sukses of mislukking gemeet kan word.

Die verkeerde begrip van tyd het veroorsaak dat mense dink dat as 'n bepaalde stryd nie op 'n bepaalde tydstip gewen is nie, die stryd dan verlore is, vandaar die denkwyse van "dit is die einde". In terme van die beskouing wat hierdie webblad wil help vestig, word die verlede, hede en toekoms nie meer as afsluitpunte op 'n reguitlyn gesien nie, maar as gesigspunte wat op enige gegewe oomblik saamval. Kortom, 'n bepaalde stryd is nooit op 'n sekere tydstip gewen of verloor nie. Streng gesproke het stryd nooit 'n bepaalde begin of 'n bepaalde einde nie. Dit was nog altyd daar en dit sal ook altyd daar wees. In die bestaan van 'n volk sal daar altyd teleurstellings wees, maar ook geleenthede wat, as dit met die nodige wilskrag en vernuf hanteer word, hom weer tot groot hoogtes sal lei.

Hierdie stryd sluit in die opvoeding van ons volk om ons eie identiteit te behou, ons taal te huldig en te waardeer, ons verhouding met ons Skepper te verstaan en met nuwe ywer te vertroetel, ons ware geskiedenis te herdink sodat ons sal weet waarheen ons in die toekoms op pad is, en ook om met 'n glimlag te onthou dat hierdie Boerevolk se veelvuldige slegte tye in ons verlede met 'n tikkie humor heelwat beter verduur is.

Daar sal nooit in die lewe van 'n volk 'n volkome staat van bestendigheid bereik kan word nie, 'n staat van orde waar alles presies so daar uitsien soos wat ons dit graag wil hê, maar ons kan baie nader daaraan kom as waar ons volk nou staan. Indien 'n volk wil lewe moet hy dus bereid wees tot ewigdurende stryd, daarom is 'n lewende volk 'n vegtende volk - vir jou God, jou land, jou taal en wat daarmee gepaard gaan. So 'n lewenshouding is belangrik ten einde die geweldige magte teen ons te kan trotseer. Ons moet bereid wees tot stryd, nie net om onsself te kan handhaaf nie, maar bowenal omdat ons eer op die spel is.

Hedendaags bestaan daar heelwat onkunde oor die volke in Suid-Afrika. Onjuisthede en veral onwaarhede word meestal moedswillig verkondig, soos wie eerste in Suid-Afrika was, al was Suid-Afrika nog geen staat of naam nie en bloot 'n groot stuk grond waarvan die grootste gedeelte onbewoond was en aan niemand behoort het nie. Daar was geen swart inwoners tussen die weskus en die Keirivier nie. Histories kan geen swart volk op hierdie bykans 1 000 km aanspraak maak nie. Vandaar ook die naam Transkei, dit is anderkant (oos) van die Keirivier. Om tussen swart en blanke volke te onderskei, is noodsaaklik omdat dit die geskiedenis duidelik stel.

Dingaan het namens die Zoeloevolk en deur bemiddeling van die sendeling eerwaarde Francis Owen van Engeland vriendelik 'n wettige traktaak onderteken waarin 'n groot deel van die land wat hy as sy eie beskou het, duidelik omskrewe, permanent aan die Voortrekkers afgestaan is. Dit bly 'n ope vraag of daardie grondgebied wel aan die Zoeloes behoort het omdat dit onbewoon was. Wat ookal die geval, daardie deel van die land behoort dus sonder twyfel aan die Voortrekkers, of te wel Afrikaners.

Groot ander grondgebiede was onbeset, of is ook deur wettige onderhandelinge verkry. Daaroor word geswyg, of die beweerders ontbreek kennis van die geskiedenis.

Vir al die bogenoemde redes sal ons op hierdie webwerf die suiwerste onder die suiweres en die belangrikste uit die belangrikes plaas. Ons is 'n groeiende getal stryders wat bereid is om net ons beste te lewer. Ons vra dat soveel moontlik volkgenote dié kulturele stryd saam met ons stry. Indien u opgewasse is om leiding te help neem of ondersteuning te bied in hierdie oorlewingstryd deur middel van skryfbydraes, is u reeds hartlik uitgenooi om dit te stuur aan die webmeester by webmeester@gelofteland.org. Deur net ons webwerf te lees, sal u insig in ons volk se strewes behou en misleiding deur kwaadsprekers herken.

In 'n neutedop:

STREWE

Die vestiging en volhouding van 'n webwerf vir alle Afrikaners met 'n beginselhoudende volkseie inslag wat die verkryging van staatkundige vryheid vir die Afrikanervolk ondersteun en bevorder.

DOELSTELLINGS

Om die vryheidsboodskap aan alle lede van die Afrikanervolk uit te dra sodat volksgenote eendragtig kan saamstaan.
Om die aard van die Afrikanervolk se Calvinisties Christelike lewens‒ en wêreldbeskouing te verkondig.
Om die volk se vryheidstrewe en trotse volksgevoel vir ons oorgeërfde gemeenskaplike geskiedenis en kultuurwaardes as maatstaf te gebruik.
Om binne volkverband bymekaar te hou wat bymekaar hoort.

BELEID

Die taal van ons webwerf is Afrikaans.
Bydraes word in lyn met die doelstellings hierbo aangebied.
Ondersteuning word gegee aan volkseie organisasies wat die kultuur‒ en vryheidstrewe van die Afrikanervolk opreg vooropstel en dit nie vir die skyn doen nie.
Alle blankes wat met ons strewe en beginsels saamstem is welkom om saam te werk en erkenning te kry mits hulle andersins aanvaarbaar is.
Geen samevoeging van wat God geskei het nie. Die hoëre eenheid lê in Christus en is geestelik van aard. Gevolglik wil ons geen gelykstelling en ook geen verbastering met volke met vreemde wortels aangaan nie.
Onder beginsels en kultuur word verstaan persoonlikheid en vryheid as 'n volk, ekonomiese ontwikkeling, eiesoortige onderwys en ontasbare waardevolle geestesgoedere wat nie met 'n maatstaf gemeet kan word nie, soos onder meer godsdiens, taal, kunste en eiesoortige gewoontes, 'n eie politieke siening. Ons wil ons eie uitbou volgens ons eie omstandighede, aard en behoeftes uit eie wortels, eie instellings, eie krag.
Kennis word geneem van die beriggewing en werkwyse van groepe wat breinspoeling ongemerk probeer gebruik sodat volkgenote daarvan ingelig kan word met insigryke redevoering.

 

1968: ONS VIER VOORTREKKER- MONUMENTE
KULTUURDAGBOEK 21 NOVEMBER Lees volledig by Kultuurdagboek on 12/24/2020 at 12:23pm (UTC)
 Die Afrikaner het vroeg reeds die behoefte gevoel om 'n waardige monument ter ere van die Voortrekkers op te rig, maar hierdie strewe het eers sy finale beslag gekry toe die Sentrale Volksmonumentekomitee (SVK) op 4 April 1931 in Bloemfontein gestig is. Die hoofdoel van die SVK was om hom vir die oprigting van 'n nasionale Voortrekkergedenkteken vir die Voortrekkereeufees in 1938 te beywer. Daarna sou hy ook die oprigting van ander goedgekeurde volksmonumente onderneem.

Die SVK se eerste taak was die oprigting van die Voortrekkermonument by Pretoria, maar die komitee het ook verantwoordelikheid vir die oprigting van drie ander Voortrekkermonumente aanvaar. Die hoogpunte van die SVK se werksaamhede was dus die onthulling van die Bloedriviermonument op 16 Desember 1947, die inwyding van die Voortrekkermonument by Pretoria op 16 Desember 1949, die onthulling van die Voortrekkermonument in Pietermaritzburg op 6 April 1962 en dié van die Voortrekkermonument by Winburg op 19 Oktober 1968.

Daarmee was die grootste kultuurtaak van die SVK afgehandel en kon die liggaam op 21 November 1968 ontbind word.

Die wesenlike betekenis van hierdie vier Voortrekkermonumente is dat hulle 'n onbreekbare band tussen die verlede en die toekoms lê. Deur die oprigting van hierdie monumente is die Voortrekkers nie vergete nie maar vorm hulle 'n lewende krag wat inspireer tot dade en tot vergesigte die toekoms in. Vir die nageslagte van die Voortrekkers is die monumente die transportbewys van die prys wat hulle voorvaders vir hierdie land betaal het. Die oprigting van die monumente is 'n bewys van die bewuste lewensdrang van ons volk.

Dit was rondom die Voortrekkermonumente waar die Afrikaner homself gevind het, en die saad wat daar gesaai is, het in die Republiek van Suid-Afrika tot volle rypheid gekom. Maar die Voortrekkermonumente is nie alleen ter ere van 'n dapper voorgeslag gebou nie, maar eerstens ter ere van God wat aan ons die wonder van volkwees gegun het.
 

<-Back

 1 

Continue->


Steedener weg .65594 Runkel .Germany